Drukkerswese

Na die uitvinding van die drukkuns in ongeveer 1450, het daar langsamerhand langs verskeie weë meganiese en tegnologiese ontwikkelings plaasgevind op set-, fotogravure- en drukgebied. Vandag is die drukkerswese so ver ontwikkel dat elektroniese rekenaars deel uitmaak van verskeie vertakkings van die bedryf. In Suid-Afrika staan die standaard van die bedryf gelyk met die hoogste internasionale standaarde.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search